Editor's choiceSchool sportSport

Roodie-netbalspelers presteer

Haar span, Lambda, het 'n algehele vierde plek by dié toernooi verower.

Hoërskool Roodepoort spog met twee netbalspelers wat die afgelope skoolvakansie Gauteng in verskeie toernooie verteenwoordig het.

Tshegofatso Tabane was ‘n lid van die o.17 Gauteng-span wat aan die All Ages-toernooi by Hoërskool EG Jansen deelgeneem het. Haar span, Lambda, het ‘n algehele vierde plek by dié toernooi verower.

Clerise Alexander (middel) in aksie. Foto’s: Verskaf

Haar afrigter, Dawie du Plessis, het die volgende gesê, “Ek wil julle skool geluk wens met ‘n stunning netbalspeler. Tshego het gedurende die afgelope All Ages-toernooi in my Gauteng-span gespeel en het baie diep in my hart gekruip. Sy het julle skool in alle opsigte baie goed verteenwoordig.”

Tshegofatso Tabane (links) in aksie.

Clerise Alexander was lid van die o.19-span wat aan ‘n provinsiale toernooi by die Afrikaanse Hoër Meisieskool deelgeneem het. Hulle het wedstryde teen al die ander provinsies gespeel, en die span het algeheel derde geëindig.

Clerise het tydens die toernooi in verskeie posisies gespeel, insluitend verdedigende vleuel (VV), aanvallende vleuel (AV), hulpdoel (HD) asook senter (S).

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button