Goud vir Bastion se hokkie-bokkies
Zoë en Raquelle verower goud by hokkietoernooi
“Ons is baie trots op hierdie twee spelers, hulle is beslis ‘n aanwins vir Bastion-hokkie,” het Annie de Wit, die hokkie-organiseerder by Hoërskool Bastion gesê.
Raquelle Pretorius en Zoë van der Plank is tydens die hokkieproewe vroeër vanjaar tot die Suid-Gautengse span verkies. Hulle het tydens die afgelope skoolvakansie aan die Noordelike hokkietoernooi in Pietermaritzburg deelgeneem en ‘n baie suksesvolle toernooi gehad.

Hulle was albei in die Suid-Gautengse o.18D-span wat eerste in hul kategorie geëindig het. Dit het aan elke spanlid ‘n gouemedalje besorg.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



