Roodies spog met rugbyster
Shawn is tot die Goue Leeus Welpie-span verkies
Een van Hoërskool Roodepoort se jong rugbyspelers is onlangs tot die Goue Leeus se Welpie-span verkies.
Shawn Gobey, ‘n Graad 10-leerder by die skool gaan as deel van hierdie span binnekort aan die interprovinsiale toernooi deelneem.
“Hy speel briljante rugby in die hakerposisie en is nie net ‘n staatmaker vir Roodies se skoolspanne nie, maar ook vir verskeie ander Goue Leeus-spanne. Ons is baie trots om hom by ons skool te hê!” het Sandrie van Graan, die skool se skakelbeampte gesê.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



