LettersOpinion

Daar is wel suksesstories ook

Liesl Delport van Roodepoort skryf:

Ek lees nou van die ou wat sy vrou verloor het by Leratong Hospitaal. Ek voel baie jammer vir hom, maar weet asseblief daar is ook suksesstories by Leratong en nie slegs negatiewes nie.

Ek self was drie maande terug vir ‘n groot operasie (Nissen fundoplication asook hiatal hernia repair) by Leratong. Dit sit nie in enige dokter se broek om ‘n Nissen Fundoplication suksesvol te doen nie. Dr Tun (gastroënteroloog) was vier-en-‘n-half-uur in die teater met my besig en oor die personeel in Saal 18 kan ek nie kla nie.

Dr Tun het my lewe met die operasie verander en ek het absoluut geeneen van die komplikasies waaroor baie ander pasiënte, selfs dié wat in privaat hospitale behandel is, na die operasie kla nie. Ek is selfs voor die operasie na hul psigiater verwys en Dr Dolo is uitstekend.

Ek sal altyd dankbaar wees vir die diens wat ek by Leratong Hospitaal gekry het. Hulle het my lewe vir my teruggegee, dus neem hulle nie net lewens nie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button