‘n Leerder van Lanternskool het twee brons- en een gouemedalje tydens ‘n perdrykompetisie verwerf.
Juanyse van Staden, ‘n Graad 7-leerder by die skool, het onlangs aan die South African National Equestrian School Association (Sanesa) se interskolekompetisie deelgeneem.
Die kompetisie het by Maple Ridge Equestrian Farm plaasgevind, en sy het die volgende uitslae behaal:
• Working riding – Derde plek (brons)
• Performance riding – Derde plek (brons)
• Dressage – Eerste plek (goud)
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



