Local newsNews

Die Senekals vier hul diamantherdenking

60ste Huweliksherdenking

Gert en Theo Senekal vier hulle 60ste huweliksherdenking in Meimaand. Hulle is op 4 Mei 1957 in the Tweetoringkerk in Bloemfontein getroud.

Gert en Theo Senekal. Photos: Supplied

Hulle het kort daarna in ‘n woonstel in Eastlaan in Roodepoort gaan woon. Dié straat staan vandag bekend as Christiaan de Wetweg. Na ‘n paar jaar het hulle in ‘n huis in Birdstraat, Discovery ingetrek, en 35 jaar lank daar gewoon. Na nog een of twee verhuisings het hulle nesgeskop in die Roodepoort Sentrum vir Bejaardes.

Hulle is geseënd met drie dogters, drie kleindogters en een agterkleindogter.

Theo en Gert Senekal met hul enigste agterkleindogter Andruné Lategan.

“Pa en Ma, baie geluk met jul herdenking van 60 jaar en baie dankie vir alles wat julle vir ons geleer het – goeie waardes, hoë standaarde en vaste beginsels – en vir al die liefde en bystand deur die jare heen. Ons is baie lief vir julle,” het Moira, Linda en Elaine Senekal gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button