Deo Gloria sorg vir Paasfeeswarmte
Die eregaste was oorstelp van blydskap toe hulle boonop elkeen 'n pragtige warm kombers ontvang het.
Huis Deo Gloria het ‘n Paasviering spesiaal vir bejaardes gehou, bloot om hulle te bederf en seker te maak dat hulle weet dat daar mense is wat hulle liefhet.
Elise Taute van Deo Gloria het die geleentheid geopen deur ‘n vers uit die Bybel te lees en die seniors kon daarna smul aan toebroodjies en kolwyntjies. Met die koue wind wat buite gewaai het, was die warm tee en koffie wat die Deo Gloria-groep bedien het, baie welkom.
Die bejaardes se gesigte het verder verhelder toe die groep kospakkies begin uitdeel het. Die eregaste was oorstelp van blydskap toe hulle boonop elkeen ‘n pragtige warm kombers ontvang het. Elke senior het ook ‘n sjokolade gekry.
“Die mense was so dankbaar dat hulle nie kon ophou dankie sê nie,” het Frans van der Berg-Pretorius gesê.
Die huis se Paasfees vir die seniors was omtrent ‘n sukses en almal het hulself gate uit geniet. Die belangrikste was dat hulle die geleentheid gehad het om met mekaar te gesels en sosiaal te verkeer.
“Almal het saam gelag en gesels. Hul gesigte het van die eerste oomblik af verhelder en hul dankbaarheid was sigbaar.”
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



