Een van Hoërskool Florida se oudleerlinge is met ‘n Oscar vir sy bydrae tot ‘n nuwe animasie-kortfilm bekroon.
Ferdi Scheepers woon nou in Kalifornië saam met sy vrou en drie seuns waar hy vir die animasie-ateljee Pixar werk. “Nadat ek aan die Universiteit van Ohio gegradueer het, het ek na Suid-Afrika teruggekeer en vir vyf en ‘n half jaar by Satellite Applications Centre gewerk. Daarna is ek terug VSA toe waar ek my droom om animasiefilms te skep, uitleef,” het hy gesê.
Ferdie was betrokke by die visuele effekte van die kort rolprent Piper. Hy het ‘n jaar en ‘n half lank aan die film gewerk en was die opsiener van die span wat vir die visuele effekte verantwoordelik was. Piper het die Oscar-toekenning vir die beste kort rolprent (animasie) gewen.
“Ons is baie trots op Ferdi, wat ook een van Hoërskool Florida se hoofseuns was. Ons wens hom geluk met die groot toekenning wat hy ontvang het,” het Morné Hanekom, die skool se skakelbeampte gesê.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



