NewsSchool sportSchoolsSport

Kruiners se eerste netbalspan ingelyf

Eerste netbalspan aangewys

Die opgewondenheid was groot toe Laerskool Helderkruin se eerstespan netbal miesies op 7 Maart by ‘n funksie in Ruimsig ingelyf is.

Die span se afrigters, Louise Barnard en Karin Lourens het ook die funksie bygewoon.

Karin – wat Suid-Afrikaanse kleure as skeidsregter verwerf het – het die meisies toegespreek en die volgende boodskap aan hulle oorgedra: “Om ‘n Chillie te wees beteken jy is hot. Ons is een span – ‘n familie – en ons staan onder alle omstandighede saam, goed of sleg. Wanneer ons wen, wen ons as ‘n span. Wanneer ons verloor doen ons dit ook as ‘n span.” Sy het ook die spelers met ‘n aanhaling van Michael Jordan gemotiveer.

Die span bestaan uit Nicole van Dyk, Megan Herne, Jordan van Rensburg, Mienke Rossouw, Mariska O’Connor, Karli Marais, Berne Swanepoel, Lihanay Smit, Zoe Labuscagne en Liezl Cloete (Kaptein).

Hanli-Mari Olivier, die skool se skakelbeampte, het elke speler met haar insluiting in die eerste span geluk gewens. “Baie sterkte aan die span. Julle maak ons Kruiners trots en ons staan bankvas agter julle. Mag 2017 julle jaar wees!” het sy gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button