Die leerders van Laerskool Helderkruin het onlangs die geleentheid gehad om kleurvolle hare te kry – alles vir ‘n goeie doel.

Die skool het ‘n Spuit-a-thon op 1 Maart gereël ter ondersteuning van die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) en die leerders het beslis hul deel bygedra.

“Vir slegs R10 per leerder, het elke leerder ‘n bottel Nivea-sonroom ontvang en kon hulle hul hare laat spuit. Die skool het meer as R10 000 vir Kansa ingesamel,” het Hanli-Mari Oliver, die skool se skakelbeampte gesê.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



