LettersOpinion

Ons land is ryk aan liefde en omgee

Anoniem van Roodepoort skryf:

Ek het in die loop van die week kruideniersware gaan koop. Toe ek by die kasregister kom, besef ek dat nie een van my bankkaarte in my handsak is nie.

Ek het omtrent my hele handsak net daar uitgepak. Dit was regtig ‘n groot verleentheid vir my.

Die dame agter my sê toe vir my, “Sit dit deur” – ek verstaan toe nie en sê weer ek het nie een van my kaarte by my nie en voel sommer asof die wêreld op my skouers is.

Weer sê die dame agter my, “Sit dit deur” en ek verstaan nie wat sy bedoel nie. Net daarna sê sy weer vir my, “Sit dit deur – ek betaal”.

Ek kon dit nie glo nie – 1 000e gevoelens het deur my kop gegaan. Ek het gevra vir haar nommer dat ek kon reël om die geld terug te betaal maar sy het aangedring dat sy nie die geld wou terughê nie. Wat ‘n wonderlike gebaar van haar. Ek het nie woorde nie – ek het opnuut my vertroue in die mensdom teruggekry en het so spesiaal gevoel toe ek uit die winkel loop.

Baie dankie aan die vriendelike dame wat my kruideniersware betaal het. Jy is voorwaar ‘n inspirasie vir ander.

Ons land is ryk – ryk aan omgee en liefde vir die medemens.

Support local journalism

Add Roodepoort Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button