Florrie-netbalspelers leer nuwe vaardighede
Netbalspanne skerp spelvaardighede op by kursus
Laerskool Florida se netbalspanne het onlangs die geleentheid gehad om ‘n netbalkursus by te woon.

Dié kursus vir die 0.10- tot 0.13-spanne het oor twee dae gestrek. Die aanbieder was Dorette Badenhorst, wat die huidige afrigter van die Noordwes- Universiteit (NWU) se netbalspan is. Sy is bygestaan deur Julene Meyer, Nadia Uys en Romé Dreyer.

Die netbalmeisies het die kursus vreeslik baie geniet en het ongelooflik baie geleer. Hulle sal definitief hul nuwe vaardighede tydens die komende netbalwedstryde ten toon stel.

Janine Birkenstock van Laerskool Florida het gesê, “Dit was ‘n groot voorreg om by die beste te leer!”
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!




One Comment