LettersOpinion

Die betogers steel ons lewe

Morne van Lindhaven skryf:

Dit gaan nou al ‘n hele week aan dat Albertina Sisuluweg deur betogers toegemaak word.

Ons het ‘n besigheid in Albertina Susuluweg en die pad word by [die kruising] van Corlettlaan en Albertina Susuluweg en aan Westgate se kant [by die kruising met Wilgespruitstraat] toegemaak. Dit beteken ons, en ander besighede, ly nou daaronder omdat die pad toegemaak word.

Ons almal se klante kan nie na ons besighede toe kom nie en as gevolg daarvan verloor ons besigheid. Ons almal moet huur betaal, vir ons gesinne kos op die tafel sit maar nou kan ons nie. Ek wil graag hê die LUR moet so gou moontlik met die betogers gaan praat en met hulle tot ‘n vergelyk kom sodat paaie weer oopgemaak kan word en ons almal weer besigheid kan doen.

LUR, julle is nou selfsugtig teenoor ons besighede. Doen net die regte ding en gaan praat met daai betogers want die tyd loop uit vir ons besighede om geld te maak om ons huur en water en ligte te betaal.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button