NewsSchools

Bastion-atlete presteer in die Vaaldriehoek

Atlete presteer uitstekend by atletiekbyeenkoms

Die atlete van Hoërskool Bastion het onlangs aan ‘n byeenkoms in Meyerton deelgeneem en puik uitslae behaal.

Die byeenkoms het op Hoërskool Dr Malan se velde plaasgevind waar Bastion teen atlete van Hoërskool Dr Malan, Hoërskool Westvalia en Hoërskool Dinamika meegeding het.

Die senior topatlete van links: Damien Gericke, Allisa Liebenberg en Alexander Harkema.
Die senior topatlete van links: Damien Gericke, Allisa Liebenberg en Alexander Harkema.

Die atlete het aan 120 items deelgeneem en hulle kon met 52 podiumplekke spog.

Die meisiesatleet vir die dag was Natasha Jones wat 773 punte met haar gewigstootafstand van 11,14m behaal het. Die seunsatleet van die dag was Adian du Plooy. Hy het 835 punte behaal toe hy die diskus 43,52m ver gegooi het.

Die top atlete van die byeenkoms – wat almal meer as 700 punte op die dag behaal het – was Adian du Plooy, Anthoney Maartens, Ashley Shaw, Marine Lamprecht, Eric Cloete, Kayla Watson, Alexander Harkema, Damien Gericke en Allisa Liebenberg.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button