Selfdoen Kersgeskenk-idees
Maak jou geliefdes se hart bly met hierdie oulike selfdoenidees.
Kersfees is amper hier en net die gedagte aan geskenke koop besorg aan meeste van ons slapelose nagte.
Die idee om in die besige winkelsentrums rond te loop op soek na daardie spesiale geskenk vir jou geliefdes, en die geld wat spandeer moet word laat jou skouers op ‘n knop trek en jou kop klop van spanning.
Ontspan. Hierdie ses oulike selfdoen geskenkidees sal jou geliefdes se harte baie bly maak, en in die proses vir jou ook ‘n paar rand spaar.
1. ‘n Instagram-drupmatjie is die perfekte geskenk om die chroniese selfie-koning of -koningin se hart baie bly te maak. Neem jou geliefdes se spesial oomblikke en verewig dit op ‘n prettige maar tog funksionele drupmatjie. Om te sien hoe om dit te maak, kliek hier.

2. Papiermâché-bakkies wat met bladgoud oorgetrek is lyk indrukwekkend maar is maklik om te maak. Die kleefbare bladgoud behoort by jou plaaslike kunswinkel beskikbaar te wees of jy kan dit by www.sasupplies.com kry. Vir instruksies om hierdie oulike bakkies te maak, kliek hier.

3. Almal het ‘n oulike sakkie nodig om kleingeld in te bêre, of dalk ‘n unieke handsakkie. Bederf die modepoppie in jou lewe met die oulike geverfde sakkie. Om te sien hoe om dit te maak, kliek hier.

4. Vir ‘n heerlike badbederf, maak hierdie maklike peperment-suikerskrop. Vir instruksies om dit te maak, kliek hier.

5. Vir die obsessiewe notaskrywer en lysiemaker sal die oulike notaboekies die perfekte geskenk wees. Hulle is klein genoeg om in jou handsak te pas. Om te sien hoe dit gemaak word, kliek hier.

6. Die diere- en boekliefhebber sal mal wees oor hierdie oulike boekstut. Dit sal nie net iemand se boekversameling stewig hou nie, maar dit lyk ook fantasties. Vir die instruksies kliek hier.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



