Roodies se nuwe hoofleiers aangekondig
Dié ses leerders is gereed vir die groot taak wat op hul wag
John C Maxwell het gesê ‘n leier “is iemand wat die pad loop, ken en wys”.
Laerskool Roodekrans het onlangs hulle hoofleiers vir volgende jaar aangekondig, en hulle is slaggereed om die groot verantwoordelikheid te aanvaar, en met woord en daad te lei.
Kijanke Jansen van Vuuren en Marko Cronjé is as die hoofdogter en -seun aangewys. Die onderhoofleiers wat hulle sal bystaan met die groot taak is Amy Pretorius, Leandri Engelbrecht, Marno Joubert en Luhan Wolmarans.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



