Bastion matriekafskeid ‘n glansgeleentheid
Leerlinge hang uit in prag uitrustings.
Die matriekafskeid van Hoërskool Bastion se klas van 2016 was ‘n glansgeleentheid van formaat.

Die afskeid is by die spog onthaallokaal Usambara gehou. Soos altyd het die leerlinge in prag uitrustings en motors daar opgedaag. Die opgewondenheid was tasbaar en vir baie, veral die jong dames, was die senuwees ook maar ‘n probleem.

Die leerlinge het die saal omstreek 7nm binnegegaan waar hulle aan heerlike disse kon smul en vir die laaste maal saam met al hul maats en onderwysers kon kuier.
Kliek hier vir meer fotos
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



