Optel en aftrek is vir baie ‘n groot struikelblok wat net met die hulp van al 10 vingers en tone gedoen kan word.
Divan Bouwer, ‘n Graad 3-leerling van Laerskool Horison het onlangs gewys hy kan moeilike somme vinnig en sonder die hulp van sy vingers en tone doen toe hy as die D12 Mental Maths-wenner aangewys is. Leerlinge van meer as 80 laerskole het aan die kompetisie deelgeneem.
Divan het Laerskool Horison oorspronklik in die streekskompetisie verteenwoordig waar hy baie goed presteer het en na die distriksfinaal deurgedring het.
Divan is ook nie die eerste leerling van Laerskool Horison wat as distrikkampioen gekroon is nie. Joshua Strydom het in 2014 met die titel weggestap.
Nelie Kok, die skool se woordvoerder het gesê Laerskool Horison is baie trots op Divan se prestasie. “Divan en Joshua het ‘n standaard gestel wat waardig is om deur toekomstige Hories nagestreef te word,” het sy gesê.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



