Editor's choiceLocal newsNews
Vermiste Witpoortjie-tiener gevind
Besonderhede rakende haar verdwyning is nie bekend nie.
Die 16-jarige Charise Luciani, wat sedert 5 September vermis was, is vandag (7 September) opgespoor.
Die besonderhede rakende haar verdwyning is nie bekend nie en haar ma, Elaine Luciani kon ook nie haar kommentaar vir die Record gee nie, aangesien sy by die Roodepoort Polisiestasie was en nog nie met die ondersoekbeampte gepraat het nie.

Volgens ‘n inskrywing op haar tannie se Facebook-blad was daar groot verligting by haar vriende en familie toe sy veilig teruggevind is.
Die Record sal die gemeenskap op hoogte hou sodra meer besonderhede bekend word.
Also Read:
Missing: Have you seen this man?
Missing dog found after seven months
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



