
Verlede week is in die Record berig dat ANC kandidaat raadslid Rudolph du Plooy twee ure lank geneem het om saam met sy helpers sy verkiesingsplakkate vanaf ‘n nuutgeverfde elektriese substasie te verwyder.
Kan jul hom asseblief vra om sommer sy onwettige daad verder reg te stel en sy vier gesigte vanaf die substasie op die hoek van Krugerlaan en Christiaan de Wetweg in Discovery te verwyder? Hierdie substasie is ook onlangs nuut geverf en toe ontsier deur hom of sy oningeligte helpers.



