Editor's choiceLocal newsNews

Gereformeerd Kerk Ontdekkers staan rotsvas na 50 jaar

Gemeente hou fees om 50e bestaansjaar te vier.

“Uiteindelik! Na baie beplanning, harde werk en natuurlik 50 jaar se genade is die groot dag hier.”

So het dominee Hendrik Stoltz van die Gereformeerde Kerk Ontdekkers die 50-jaar feesvieringe op 7 Augustus begin.

Ds Hendrik Stoltz by die gedenksteen voor die onthulling. Foto: Adéle Bloem
Ds Hendrik Stoltz by die gedenksteen voor die onthulling. Foto: Adéle Bloem

Die gemeente het in die kerk bymekaar gekom waar hulle met verskeie items vermaak is. Daar was vioolsolo’s deur Emilia Prozesky, sangitems deur Douw Bijkersma, ‘n optrede deur die kerk se sanggroep en ook ‘n instrumentale item deur die jeuggroep.

Die gemeente het die Feeslied wat spesiaal vir die geleentheid geskryf is, saam gesing voordat hulle buite toe is vir die onthulling van die gedenksteen.

Ouderling Flip Erasmus onthul die gedenksteen.
Ouderling Flip Erasmus onthul die gedenksteen.

Ouderling Flip Erasmus, wat al 50 jaar deel van die gemeente is, het die onthulling waargeneem.

“Mag ons kerk vir nog 50 jaar rotsvas staan,” het ds Stoltz na die onthulling gesê.

Die dag se verrigtinge is met ‘n feesete in die kerksaal afgesluit.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Roodepoort Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button