School sportSport

Hokkiebokkies kwalifiseer vir Noordvaal Kampioenskappe

Drie hokkiespanne gaan Noordvaal toe.

Drie van Hoërskool Bastion se hokkiespanne het gekwalifiseer om aan die Noordvaal Kampioenskappe deel te neem.

‘n Span moet ‘n eerste of tweede plek in die ligafase behaal om aan die kampioenskappe deel te neem, en hierdie jaar het Bastion se o.5’s, o.16’s en die dogterseerstespan gekwalifiseer.

Die o.15-span het ‘n tweede plek in hulle liga behaal, nadat hulle teen Hoërskool Randburg in die finaal verloor het.

Die o.16-span het hul finaal teen Hoërskool Florida verloor, wat ook vir hulle ‘n tweede plek in hul liga besorg het.

Die dogterseerstespan het Krugersdorp High School in hul finaal geklop en het met die top posisie weggestap.

Die Noordvaal Kampioenskappe vind van 28 tot 30 Julie plaas. Die o.15-span gaan in Witbank deelneem, en die o.16’s en dogterseerstespan gaan hulle staal in Potchefstroom wys.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button