
Die Horison Huisteater sal aankomende Woensdag hulle eerste boekbekendstelling hou.
Boertjie: ‘n stappie deur sy lewe, sy gedagtes en sy tyd in Suid-Afrika en Suidwes-Afrika (Namibië) is die pennevrug van Hannes Deetlefs wat tans in Switserland woon. Die boek is die verhaal van die mense van Suidwes en deels van Suid-Afrika van “daardie tyd”. Die feite end daarmee ook die seleksie van temas en gebeure is so noukeurig as moontlik saamgevat uit talle dagboeke, briewe en fotos van sy voorouers Hermann en Elizabeth Deetlefs.
Daar sal sop en sjerrie by die geleentheid beskikbaar wees en die publiek is welkom om ‘n draai te maak. Die teater is by 10 Korhaanstraat in Horison. Gaste moet RSVP by 083 234 0245 of
0117664015.
.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



