School sportSport

Kruiners is nou Goue Leeus

Nege Kruiner rugbyspelers verteenwoordig nou die skool as deel van die Goue Leeus rugbyspan.

Met groot trots het Laerskool Helderkruin onlangs aangekondig dat nege van hul rugbyspelers in die Goue Leeus rugbyspan opgeneem is.

Die seuns is onderskeidelik uit die skool se o/12 en o/13 rugbyspanne in die Goue Leeus opgeneem. Volgens skoolwoordvoerder Hanli-Mari Olivier is die seuns kinderlik opgewonde oor die nuwe uitdaging.

“Baie geluk aan die seuns en afrigter Riaan van der Watt en spanbestuurder Corné Swanepoel wat hul dié hoogte help bereik het.

“Die skool is sommer baie trots en wens julle alle voorspoed toe,” het Olivier gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button