Een skool help ‘n ander
Laerskool Helderkruin wys barmhartigheid teenoor Laerskool Claremont.

Tekkies wat tydens hul Sevens netbaldag in Februarie ingesamel is het die Kruiners onlangs aan Laerskool Claremont oorhandig.
Dit is onder die Kruiners se aandag gebring dat leerlinge by Laerskool Claremont nie almal tekkies vir die verskillende sportsoorte waaraan hul deelneem, kan bekostig nie.
“Baie van die leerlinge neem dan kaalvoet deel, selfs in die winter as dit bitter koud is,” het skoolwoordvoerder Hanli-Mari Olivier gesê.
Helderkruin se ouers en leerlinge het hul harte oopgemaak en met dié donasie hoop hul om ‘n hele paar voete warmer te maak gedurende die wintersportseisoen.
“Baie dankie aan elke ouer en kind wat ons in hierdie verband ondersteun het — die Kruiners is waarlik bevoorreg om ‘n bydrae te kon lewer.”
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!




