Local newsNews

Die Johanitas Damesklub se jaarprogram

Kyk wat's op die spyskaart by dié opwindende klub vanjaar.

Die Johanitas Damesklub het hul jaarprogram bekendgemaak.

Dié klub is in 1971 deur Jua Fourie gestig. Hulle spits hulself daarop toe om elke maand ‘n funksie vir hul lede te reël. Die klub reël normaalweg opvoedkundige praatjies, maar hul raak ook kreatief met handewerk en kuier soms net lekker saam. Die klub nooi graag Afrikaanse vroue, wat deur die dag vrye tyd het, om by hulle aan te sluit. Hul ontmoet altyd by die Discovery Ontspanningssentrum, tensy ‘n uitstappie gereël is. ‘n Volledige jaarprogram is beskikbaar. Vir verdere inligting skakel Stephansie van Staden by 011 672 3898 of 072 187 0734 of Cecile Marais by 011 672 5491 of 072 664 5994.

Die jaarprogram lui as volg:

• 19 April: Kom maak ‘n lappie met ‘n servet. Bring asseblief enige twee servette saam. Lap sal verskaf word. R5 per lappie om kostes te dek.

• 17 Mei: Kom met ‘n hoed en handskoene aan om ‘n Moedersdag ‘High Tea’ te geniet met sang en musiek.

• 21 Junie: Die Johanitas hou ‘n kenmekaar oggend met lekker warm sop en sjerrie.

• Geen funksies in Julie nie aangesien dit te koud gaan wees.

• 16 Augustus: ‘n Uitstappie na Garden World met die Chelsea uitstalling. Lede betaal elkeen self vir toegang en tee.

• 20 September: Die Johanitas hou lenteoggend. Elkeen dra ‘n hoed wat uit blomme gemaak is of daarmee versier is. Elsa van Winkel sal ‘n demonstrasie lewer oor hoe om te bak met filodeeg. Proe-sessie na die tyd.

• 18 Oktober: Vir ‘Internasionale Dag’ sal die Johanitas die Duitse kultuur vier. ‘n Praatjie oor ‘Rothenburg ob der Tauber’ word gelewer en eg Duitse kos word bedien. R20 per persoon.

• 15 November: Afsluitingsete. Details sal nog aangekondig word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button