Editor's note

Is ons musieksmaak misplaas?

Ek het Vrydagaand die geleentheid gehad om saam met On Florida by Hoërskool Florida na Jannie Moolman en Corlea Botha te luister. Hierdie twee is van die land se grootste kunstenaars wat met hul ongelooflik mooi stemme die sowat 600 gaste vermaak het. Dit is die derde keer wat ek vir Corlea in aksie sien. …

Ek het Vrydagaand die geleentheid gehad om saam met On Florida by Hoërskool Florida na Jannie Moolman en Corlea Botha te luister.

Hierdie twee is van die land se grootste kunstenaars wat met hul ongelooflik mooi stemme die sowat 600 gaste vermaak het.

Dit is die derde keer wat ek vir Corlea in aksie sien. Die vorige twee kere was in Lydenburg. Net voor haar vertoning Vrydagaand het ek ‘n onderhoud met haar gevoer. Sy het so ‘n sprankelende en borrelende persoonlikheid, op en van die verhoog af, dis moeilik om nie van haar te hou nie.

Jannie is weer skreeusnaaks en die twee saam het vir groot vermaak op die verhoog gesorg.

Jannie het weggeval met van oorlede Gé Korsten se bekende liedjies en net daar raak ek so nostalgies met ‘n verlange so diep in my hart na niemand in besonder nie. Corlea het ander kunstenaars so goed nagemaak dat niemand die verskil sou agterkom as jy nie weet wie sing nie.

Dit het my laat wonder hoekom daar so ‘n ophef van sommige Suid-Afrikaanse sangers gemaak word terwyl kunstenaars soos Jannie en Corlea nie naastenby dieselfde publisiteit kry – wat hulle verdien – nie.

My ma noem dit potte- en pannemusiek terwyl die Record se subredakteur Lorraine Brown dit bokkie-lui-my-klokkiemusiek noem. Wat die ander sangers se liedjies ook al genoem word, dit kom nie naby die goeie kwaliteit stemme wat die naweek op die verhoog was nie.

My vraag is dus, het ons so vervlak en het ons musieksmaak so verval dat ons eerder na kommersiële, niksseggende en leë lirieke sal luister van sangers wat daarop uit is om geld te maak bloot omdat dié tipe musiek verkoop?

Ek sal graag julle opinie wil hoor. Lewer kommentaar hieronder of stuur ‘n e-pos na roelienv@caxton.co.za.

Tot volgende week, wys vir ander mense jy gee om; dit kos niks nie.

Ciao

Related Articles

Back to top button