Kruiners maak die regte skuif
Laerskool Helderkruin spog met 'n nuwe, buitelug skaakbord.
Die Kruiners is besig om hul skaakvermoë te verskerp en is reg om die gemeenskap in skaakmat te sit.
‘n Buitelug skaakbord is onlangs aan Laerskool Helderkruin deur Knight Estates geskenk. Skaak word as ‘n buitemuurse aktiwiteit by die skool vir leerlinge in elke graadgroep aangebied.
‘n Skaakakademie kom op Donderdae in die skool se mediasentrum bymekaar en oefen vanaf 3uur tot 4uur, onder die leiding van onderwyser SJ Breytenbach.
“Die Kruiners kan nou lekker in die vars lug skaak speel, dit waarborg ‘n nuwe perspektief en vernuwe passie vir dié sportsoort,” het skoolwoordvoerder Hanli-Marie Olivier gesê.
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.
Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



