14 Hories kwalifiseer vir Gauteng Atletiekkampioenskappe
Laerskool Horison het een van sy beste atletiekseisoene, sê skool.
Laerskool Horison kyk terug op ‘n uiters suksesvolle atletiekseisoen.
Volgens skoolwoordvoerder Nelie Kok is nie minder nie as 14 atlete in die D12-atletiekspan opgeneem.
Hulle sal op 26 en 27 Februarie aan die kampioenskappe by Ruimsig Stadion deelneem.
“Hierdie is een van die Hories se beste atletiekseisoene in ‘n lang tyd,” het Nelie gesê.
“Die leerlinge se sukses is die resultaat van uitnemende talent gekombineer met ure se harde werk, opoffering en die toewyding van hul afrigters.
“Ons is saam met hulle dankbaar en trots en hou hul met groot verwagting dop.”
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.
Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!




