Die 12-jarige Heinrich Jacobs is ‘n jongman waarvan die gemeenskap nog baie gaan hoor.
Heinie, ‘n graad ses-leerling by Laerskool Dr Havinga, laat die rekords links en regs spat en blink boonop uit in meer as een sport dissipline.
Die afgelope drie jaar neem hy deel aan atletiek en verlede jaar is hy as reserwe vir die SA-Atletiekspan gekies. Hierdie jaar het hy ‘n paar rekords gebreek met skole sport, waar hy ook eerste plekke behaal het in spiesgooi, vêrspring en hoogspring. Hy wen die 75m hekkies, 150m hekkies, 70m naelloop en 100m naelloop. Hy ontvang dan ook die beker vir Beste Seuns Veld- en Baanatleet, asook die Victor Ludorum. Twee van die rekords wat Heinie gebreek het, het reeds vir 13 jaar gestaan. So ook het hy by ‘n vorige byeenkoms die 150m hekkies rekord verbeter.
Heinie speel ook al vir die afgelope drie jaar krieket en was al drie keer gekies vir die Sentraal-Weskrieketspan asook die Gauteng B-krieketspan.
Heinie het die jaar die Sentraal Wes rughy span gehaal asook die Redsquadspan waar hy nog steeds in die oefen groep is wat later die jaargaan toer. Hy speel vir Khosha rugby en was ook gekies om vir die Titans sewes rugby te speel in Rustenburg.
Om alles te kroon was hy aangewys as Dr Havinga se 2015 Sportseun van die Jaar.
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.
Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



