NewsSchools

Voornemende loopbaan wen vir Jarred R3 000

Hy sien uit na 'n loopbaan wat ander 8-jariges nog nie eers verstaan nie.

Meeste agt-jariges het nie ‘n idee wat ‘paleontoloog’ beteken nie, maar Jarred Theron sê sommer spontaan hy gaan een word.

Dié Graad 3-leerling van Laerskool Horison het onlangs ‘n kontantprys gewen vir sy uitbeelding van wat ‘n paleontoloog doen. Hy het vanjaar aan die landswye Liberty Life kunskompetisie deelgeneem. Kinders moes sketse teken van wat hulle eendag wil word. Jarred was een van vyf finaliste in die Johannesburg streek en het deurgedring na die nasionale rondte. Hy het R3 000 ontvang vir sy prestasie tot op hede.

“Sy voornemende loopbaan het alreeds vir hom geld in die sak gebring,” het skoolwoordvoerder Nelie Kok geskerts.

“Ons is baie trots op Jarred en hou styf duimvas vir die nasionale kompetisie; ons glo dit sal met hom goed gaan.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button