Jolinda sê maklik haar sê
Sy is beslis die Kruiners se beste spreker, vertel skoolwoordvoerder Isobel Mitchley.
Kruiner Jolinda de Kock het geen probleem om haarself uit te druk nie.
Volgens skoolwoordvoerder Isobel Mitchley het sy die persoonlikheid wat enige verhoogkunstenaar na smag. Dié Laerskool Helderkruin-leerling het ‘n groot jaar gehad, sê Isobel.
Sy is gekies as een van die ATKV se Top 5 Redenaars in Gauteng se Suid- en Wesstreke. Tydens die Nasionale Eistedfodd se ‘Young Performers Showcase’ in Oktober is Jolinda as item wenner in die Afrikaanse liriese of verhalende groepprosa-afdeling, vir die seniorfase (Graad 4 tot 7) gekies. Sy het saam met Jene Becker die groepprosa gedoen.
Sy het ook menigte diplomas by die jaarlikse NEA-kompetisie ingepalm, wat die volgende insluit:
• Afrikaanse liriese poësie, Graad 7
• Afrikaanse redenaars oorredingstoespraak, Graad 7
• Afrikaanse voorbereide lees, Graad 7
• English narrative poetry, Grade 7
Sy het ook in Oktober die skool verteenwoordig by die jaarlikse Woorde Open Wêrelde (Wow) Fees in Stellenbosch en het in die Top 10 beland.
“Sy is voorwaar ‘n spreker van formaat,” het Isobel gesê.
Want to receive news alerts via WhatsApp? Send us an SMS/ WhatsApp message with your name and cellphone number to 079 414 6709.
Familiarise yourself with our WhatsApp service disclaimer.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Randfontein Herald, Krugersdorp News and Get It Joburg West Magazine
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



