Helpende Hand maak kerswense waar
Vertel Solidariteit Helpende Hand wat jou kerswens is.

Solidariteit Helpende Hand gaan vir die volgende 27 dae R1000 aan die gemeenskap terug gee.
Omdat Kersfees om die draai is, wil Solidariteit Helpende Hand mense se Kerswense bewaarheid. Hulle vra die publiek om mense te nomineer wat ‘n Kerswens het, maar weet nie hoe om dit te vervul nie.
Van 13 November tot 15 Desember kan Kerswense op Helpende Hand se Facebook-blad geplaas word vir oorweging.
“Ons het gedurende die jaar mense gehelp wat in nood verkeer. Nou het ons die geleentheid om mense se drome te bewaarheid. Dit is ‘n baie spesiale geleentheid,” sê Danie Brink, uitvoerende direkteur van Helpende Hand.
Ken jy dalk `n bejaarde wat bitter graag vir sy of haar familie wil gaan kuier, maar dit nie kan bekostig nie? Of weet jy van iemand wat dalk iets nodig het, maar het nie die geld om dit te koop nie?
Wat ookal die behoefte, jy kan daardie persoon of instansie nomineer om hul Kerswens tot en met die waarde van R1 000 te bewaarheid.
Besoek hul Facebook-blad https://www.facebook.com/helpendehand/ en nomineer ‘n persoon wat jy dink dit werklik verdien. Wenners sal op sosiale media aangekondig word.
Vir meer inligting bel Michelle Burger op 012 644 4390, of stuur ‘n epos na michelleb@helpendehand.co.za
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.
Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



