Local newsMunicipalNews

Roodepoort loop deur onder laekoste behuisingsprojek

Kleurlinggemeenskap word agter gelaat.

Gedurende die jongste stadsraadvergadering in Johannesburg het die ANC ? verdere laekoste behuisingsprojek in Roodepoort-Noord deur die raad gestoomroller, sê Franco de Lange, VF Plus raadslid in Johannesburg metro.

“In 2002 is daar ‘n stedelike ontwikkelingsgrens in die Ruimsigomgewing geproklameer omdat daar nie voldoende infrastruktuur vir verdere ontwikkeling beskikbaar was nie. Die gedagte was om bestaande kompleks-ontwikkeling in die gebied van dienste te verseker.

“Die metroraad wil nou die stedelike ontwikkelingsgrens ophef om ‘n woonbuurt gelykstaande aan die omstrede Cosmo City in die gebied te ontwikkel. Drie laekoste behuisingontwikkeling-aansoeke word in die omgewing van Tres Jolie uitbreiding 21 en 25 beplan asook die ontwikkeling van Zandspruit Fase 2. Die aansoeke vir die oprigting van 7100 huise dien tans voor die raad.

“Die bestaande 80 000 informele huishoudings in Zandspruit gaan stelselmatig na die nuwe area verskuif word,” sê De Lange.

Hy sê voorts dat die VF Plus die aansoek teegestaan het as gevolg van die volgende redes:

1. Wie se belastinggeld gaan vir die reuse projek betaal?

2. Eskom is tans in ‘n finansiële krisis en dit gaan feitlik onmoontlik wees om die Dalkeith-substasie, wat die addisionele krag aan die nuwe woonbuurte moet voorsien, op te gradeer.

3. Die onwikkeling sal ook die Peterweg-hoofwatertoevoerpypleiding onder geweldige druk plaas. Ook dié pypleiding moet opgegradeer word.

4. Die Driefontein-suiweringswerke kan ook nie die reeds onderdrukte kapasiteit hanteer nie.

5. Die raad het ook geen duidelikheid of die deurloop paaie, PWV3, 5 en 9 verder ontwikkel gaan word nie. Dié gebied word tans hoofsaaklik deur minibus taxi’s bedien en dit is onduidelik of enige bus- of treindienste in die nabye toekoms die area gaan bedien.

Die nuwe ontwikkeling sal vanaf die gebied van Beyers Naudelaan, Konifeerstraat en Peterweg in die suide strek en verder uitbrei tot aan die grens van Ruimsig se Zonnehoewe en Tres Jolie-hoewegebied en twee kilometer van die Lazerpark industriële gebied in die ooste.

“Motoriste sal met die ontwikkeling gedwing word om die hoofroetes te volg en sal nie soos in die verlede deur woonbuurtes kan vleg nie. Dit is onregverdig van die regering om verdere druk op dié gebiede te plaas.

“Indien inwoners van informele nedersettings na formele behuising geskuif word, beweeg daar net weer mense in die informele nedersettings in – so die bevolkingsgroei in die gebied bars weereens uit sy nate.

“Daar is ook groot vraagtekens rondom biodiversiteit in die ontwikkelingsgebied. Tans is daar slegs twee persent ongerepte areas in die Stad van Johannesburg oor.

“Die bruingemeenskappe van Eldoradopark wag al jare vir die ANC om aan hulle behuisingsbehoeftes te voldoen. Ontwikkeling vind net op die grense van die bruingemeenskap plaas.

“Hierdie is duidelik nog ? voorbeeld van hoe die ANC van hul bruingemeenskappe vergeet het of is hierdie nou net weer ANC beloftes om stemme te werf so kort voor die 2016 munisipale verkiesing,” sê De Lange.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button