Kleuters doen hul deel vir Kansa
Die kinders het elkeen, na hul gestap het, 'n pers of wit balon gekry wat vrygelaat is.
Karlien en Kandas Kleuterskool in Witpoortjie het vandag, 30 Oktober gewys dat hulle ook vir ander mense omgee.
Dis die tweede jaar wat die 97 maatjies hul ondersteuning vir Kansa gee deur om die blok te stap. Getooi in pers en wit bandanas en wit T-hempies wat deur Vernon Axsel en Sonja de Jongh geborg is, het die maatjies bykans R16 000 ingesamel en aan Ester Pretorius van Kansa oorhandig.
Volgens die sekretaresse van Karlien en Kandas, Adrie Botha het Harm Botha van Dowry sekuriteit en Jaco van der Merwe van Property Bees die waterpunte gebord. “Ek wil ook graag vir Gibbon Artist, wat die musiek verskaf en al die personeel van Karlies en Kandas bedank vir al hul moeite en harde werk.”
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.
Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!








