Selfs die kleingoed vier Erfenisdag
Kleuters by Wilropark Kleuterskool vier hul erfenis.
Krale, pragtige kleurvolle patrone en natuurlik die nasionale rugbyspan se embleem het die uitrustings van trotse kleuters op Erfenisdag versier.
By Wilropark Kleuterskool, soos die tradisie loop, het beide die leerlinge en personeel vanjaar weer Erfenisdag in al hulle glorie gevier. Suid-Afrikaanse vlae is oral gehys.
Elke kind het iets aangetrek om hul kultuur voor te stel, al is dit net die Suid-Afrikaanse rugby-en-braai kultuur soos die geval met Jeandré Clark, 5, wat gepronk het in sy Springboktrui.
Ander kleintjies soos Palesa Padi het haar Zulu-uitrusting met trots gedra. Tot lande soos Nigerië is voorgestel deur die uitrustings van boetie Somtoo en sussie Mmachi Onyebara, 5 en 4.
Skoolhoof Marie Grobler het gesê dit is vir haar lekker om te sien wat die ouers en kinders mee opkom elke jaar in terme van uitrustings.
Hulle het ook ‘n spesiale middagete van samp en tamatiesmoor vir die kinders voorberei.
Want to receive news alerts via WhatsApp? Send us an SMS/ WhatsApp message with your name and cellphone number to 079 414 6709.
Familiarise yourself with our WhatsApp service disclaimer.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Randfontein Herald, Krugersdorp News and Get It Joburg West Magazine
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!





