NewsSchools

Florries eis talle trofeë by danskompetisie

Hulle het gedans laat die stof so staan, sê skoolwoordvoerder Morné Hanekom.

Die Florrie meisies se danspassies is met dié in die bekende dansfliek Step Up vergelyk.

Die meisies van Hoërskool Florida het vanjaar by die Interhoër Danskompetisie met ses toekennings weggestap. Die kompetisie is by St Peter’s College in Sunninghill aangebied waar top dansskole gekompeteer het, het skoolwoordvoerder Morné Hanekom gesê.

In die eerste rondte is die Florries genomineer vir Beste Kostuum en Jessica Olehile en Jessica Stopforth genomineer as Beste Dansers. Hulle het na die finaal deurgedring waar hulle as algehele wenners gekies is en die volgende trofeë ontvang:

• Beste Kostuums

• Beste Danser: Jessica Olehile

• Beste Choreograaf: Jessica Stopforth

• Beste Vrywillige Dans

• Beste Tema Dans

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button