honde – letter
Anoniem van Lindhaven skryf: Op 8 Mei het ons hond, soos sy gewoonte is wanneer ons in die oggende ry, vinnig by die hek uitgeglip en die boom so twee tree ver gaan groet. Ongelukkig was ‘n ander inwoner se Pitbull in die straat en ‘n geveg het onstaan, Die geveg het nie voor ons huis gebly nie hulle …

Anoniem van Lindhaven skryf:
Op 8 Mei het ons hond, soos sy gewoonte is wanneer ons in die oggende ry, vinnig by die hek uitgeglip en die boom so twee tree ver gaan groet. Ongelukkig was ‘n ander inwoner se Pitbull in die straat en ‘n geveg het onstaan, Die geveg het nie voor ons huis gebly nie hulle het straat af beweeg. en ‘n paar huise in die straat af voorgegaan. Die inwoners van hierdie huis was glad nie bereid om te probeer help nie en het in hul erf gestaan en die geveg dophou totdat my seun en sy vriende, ingegryp het en geveg probeer stop, Toe ewe skielik kom hul hond (die Pitbul) haal.
Ons hond was vir ‘n week in die hospitaal gewees. Ek het met ander inwoners gesels en hierdie hond het al verskeie ander honder gebyt, en is al vir meer as twee jaar ‘n probleem Ons kan eenvoudig nie ons hekke oopmaak en uitry sonder om te kyk of hierdie hond in die straat is nie. Daar was al gevalle waar ons nie ons hekke kom oopmaak om eenvoudig werk toe te gaan nie want hy was weereens buite. Na die geveg het ek die Roodepoort DBV geskakel en gevra dat hulle die eienaar waarsku of iets aan die saak doen, en die antwoord was niks kan gedoen word voor ‘n persoon gebyt word nie, genade daar is ou mense en kinders wat ons straat woon.
Vanoggend wasal drie hul Pitbul honde in die straat, en het ‘n bejaarde man aangeval. Gaan die DBV nou iets daaraan doen of gaan die antwoord die keer wees iemand moet dood wees?



