Op ‘n onlangse warm somersaand het die leerlinge van Laerskool Helderkruin hul jaarlikse 2km pretloop aangedurf.
“Die opwinding was tasbaar,” het skoolwoordvoerder Isobel Mitchley gesê en bygevoeg, “die reuk van warm kole en boerewors het in die lug gehang.”
Volgens haar het die Kruiners om 6nm saamgedrom en een van die onderwysers het begin aftel. Toe die skoot klap het leerlinge soos een massa die strate ingevaar.Familie-lede het sommer kom deel in die pret. Langs die roete was beamptes om almal op koers te hou, kompleet met ‘n waterstalletjie vir dié wat hul dors wou les. Elkeen het ‘n medalje ontvang toe hy oor die eindstreep trap.
Na die tyd het families gesmul aan kosse en na lekker musiek geluister op die skoolgronde. Die byeenkoms het deel uitgemaak van die Oppikruin fees oor die laaste naweek in Augustus.
Mitchley het al die borge en organiseerders bedank vir hul bydrae en insette.
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.
Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



