
Geesvang was nog nooit so kleurvol soos by Laerskool Helderkruin nie.
Die leerlinge het onlangs ‘n kleurfees gehad, wat skoolwoordvoerder Isobel Mitchley bes beskryf as ‘n “ontploffing in ‘n reënboog-mengelmoes van kleur”.
Dit was ‘n inisiatief om leerlinge opgewonde te maak oor hul Feesdag verlede Saterdag (29 Augustus).
Leerlinge van Graad RR tot Graad 7 het almal op die rugbyveld bymekaargekom, waar Wynand Theunnissen hul eers laat skater het van die lag.
Meer by die Kruiners: Kruinertjies vaar puik in kuns
“Hulle het eers die litte ‘n bietjie losgemaak,” het Mitchley gesê.
Daarna is sakkies met gekleurde poeier verf uitgedeel en leerlinge is oor die veld versprei.
“Toe gebeur ‘n kleuroorlog van epidermiese proporsies,” het Mitchley gesê en bygevoeg, “dit was groot pret”.
Gekleurde gesiggies en glimlaggies was aan die orde van die dag. Die skool bedank diegene wat die genot moontlik gemaak het.
Meer by die Kruiners: Oumas en oupas kuier by Kruiners
Saterdag het die skool ‘n ewe-kleurvolle pretdag gehou om fondse in te samel, kompleet met watertand kosstalletjies, ‘n tombola, ‘n pretpark en ‘n verhoog waar verskeie kunstenaars opgetree het.
Want to receive news alerts via WhatsApp? Send us an SMS/ WhatsApp message with your name and cellphone number to 079 414 6709.
Familiarise yourself with our WhatsApp service disclaimer.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Randfontein Herald, Krugersdorp News and Get It Joburg West Magazine
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



