Local sportNewsSchool sportSchoolsSport

Florries trotseer Laerskool Kenmare, wen liga

“Hulle het 62 drieë gedruk en slegs 7 is teen hul gedruk.”

Na ‘n lang en taai rugbyseisoen het Laerskool Florida se eersterugbyspan koning gekraai in die liga.

Hul eindstryd was teen Laerskool Kenmare, wat hul 10-7 geklop het. Die span het altesaam 27 wedstryde hierdie seisoen gespeel waarvan hul 21 gewen het, vyf verloor het en een gelykop gespeel het, het skoolwoordvoerder Janine Birkenstock gesê.

“Tydens die liga het hul slegs 10 wedstryde gespeel, maar ‘n allemuntige 375 punte vir ons skool aangeteken – slegs 46 punte is teen hulle aangeteken,” het sy gesê.

Die Florries het ook die Goue Leeus kwarteindrondte teen Laerskool Orion met ‘n telling van 61-7 gewen en die halfeindrondte teen Laerskool President Steyn 51-5 gewen. In ‘n naelbyt-eindstryd teen Laerskool Ranthart het hul die eindrondte net-net verloor met ‘n finale puntetelling van 20-14.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button