Local sportNewsSchool sportSchoolsSport

Bastion trotse baljoggies vir Nasionale Senior Kampioenskappe

Die o/16 netbalspan het met entoesiasme by die Nasionale Senior Brutal Fruit Kampioenskappe rondgehardloop.

Hoërskool Bastion se o/16 netbalspan het entoesiasties agter balle by ‘n onlangse finale nasionale wedstryd aangehardloop.

Die groep meisies is genooi om as baljoggies by die Nasionale Senior Brutal Fruit Kampioenskappe finale by LC de Villiers sportsentrum by die Universiteit van Pretoria op te tree, het skoolwoordvoerder Melitta Geyser in ‘n skrywe gesê.

Die eindrondte was tussen die Gauteng Jaguars en die Vrystaat Criniums en is in ekstra tyd deur die Criniums gewen. Die Jaguars het hul bes gegee en was kop-aan-kop met die opposisie in terme van puntetellings deur die loop van die wedstryd.

Lindie Lombaard, een van die Gauteng Jaguars, is ‘n oud-leerder van Bastion en die jong spelers het omtrent tougestaan om na afloop van die wedstryd ‘n foto saam met haar te neem, het Geyser gesê.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button