LettersOpinion

Laat ‘n andersoortige liefde hier in oorvloed vloei

Diereliefhebber van Witpoortjie skryf: “Kyk net daardie oulike honde gesiggie!” Dit was my eerste gedagte toe ek verlede week (12 Junie) my Record in die posbus ontvang en die artikel Pitbull rescued raaklees. Om te lees hoe die hond in ‘n oop mangat geval het – waarvan die deksel glo gesteel is – laat ‘n mens nogal bietjie warm …

Diereliefhebber van Witpoortjie skryf:

“Kyk net daardie oulike honde gesiggie!” Dit was my eerste gedagte toe ek verlede week (12 Junie) my Record in die posbus ontvang en die artikel Pitbull rescued raaklees.

Om te lees hoe die hond in ‘n oop mangat geval het – waarvan die deksel glo gesteel is – laat ‘n mens nogal bietjie warm onder die kraag. Maar om te sien dat daar nog mense soos die Roodepoort DBV se Eic Taljaard is wat omgee en die hond daaruit gered het, het my iewat laat glimlag.

Vir jou Eric kan ‘n mens net dankie sê en ek hoop dat jy sal aanhou om diere wat in nood is by te staan; dit is mense soos jy wat ‘n verskil in die samelewing maak!

Ek hoop verder hierdie hond sal gou ‘n mensebaas kry wat haar met tonne liefde en aandag sal vertroetel. Voorts dink ek dit sal goed wees as ons gemeenskap die DBV in hulle verknorsing met komberse vir die ander diere hierdie winter kan by staan sodat hulle ook ‘n ander tipe warm liefde sal ervaar terwyl hulle vir aanneming wag.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button