Heerlike boerefees by APK Witpoortjie
Gemeente ontspan met heerlike kos, speletjies en interessante stalletjies in Corlettrylaan.
Wat kon lekkerder wees as ‘n warm Boerefees te midde die koue verlede naweek?
Op Saterdag 6 Junie het die Afrikaanse Protestante Kerk (APK) Witpoortjie gemeente samesyn om braaivleisvure en stalletjies geniet.
Inwoners het in hul nommers by die kerkgronde opgedaag om heerlike boereworsrolletjies, hamburgers, pannekoeke, kerrie-en-rys, sosaties en ander watertand-lekker etes te geniet terwyl hul deur die stalletjies beweeg het.
Lekkergoed, tuisgebak en allerlei tuisgemaakte produkte het die tafels versier en elkeen is gegroet met ‘n vriendelike glimlag.
Dominee Hansie Janse van Vuuren het kinders met ‘n trekker en ‘n sleepwa op ‘n rit om die kerkgronde geneem. Ander kinders het op springkastele baljaar en by ‘n kunstafel hulself vermaak, waar hul op voorafgemaakte voorskote prentjies kon verf vir ‘n skamele R5. Speletjies soos skyfskiet is ook gespeel.
Die fees was ‘n fondsinsamelingsprojek vir die kerk en by pure deelname kon mens sien dit was ‘n reuse sukses. Die finale bedrag wat ingesamel is, is nog nie bekendgemaak nie.
Kontak die kerkkantoor by 011 664 7592.
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.
Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!





