NewsSchools

Drie Kruiners is nou Goue Leeus

Die manne wat Kruinerrugby speel is hul sout werd, het hul bewys toe drie seuns onlangs vir die Goue Leeusspan gekies is.

Neil Barnard en Christiaan Pauer, o.12 spelers, en Dian “Os” de Jongh, ‘n o/13 speler, is onlangs in die Goue Leeus rugbyspan opgeneem, het Laerskool Helderkruin skoolwoordvoerder Isobel Mitchley in ‘n skrywe gesê.

“Hoewel hulle die algehele span gehaal het moet hulle nou uitspeel om te sien wie in die A- of B-span sal speel,” het Isobel gesê, “maar die skool hoop natuurlik dat al drie die A-span sal haal”.

Os speel gewoonlik in die stut- of hakkerposisie, Christiaan in die agsteman- of hakkerposisie en Neil in die heelagterposisie.

Sedert 2011 word die Kruiners se eerste rugbyspan trots na verwys as die Kwaggas, het Isobel gesê. Sy vertel dat die Kwaggas goed voorberei het vir die liga wat reeds op 28 April afgeskop het. Hul word vanjaar gelei deur kapteine Dian de Jong en Ruben Eksteen en word afgerig deur Menere Van der Watt en Ferreira.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button