Local newsNews
Naweek: Franse musiek en kuns in die tuin
Die volgende uitstalling van die Kuns In Die Tuin-kunsgroep is op Saterday 9 Mei.
Kom kuier lekker saam by 5 Newstraat, Florida, vanaf 9vm tot 4nm. Besoekers gaan verwelkom word met ‘n Franse-tema. Besigtig skilderye en geroeste kuns, Franse huis- en tuinversierings, kunswerke in hout, geverfde keramiek en vele meer. Wie weet, dalk loop jy huistoe met ‘n nuwe versiering onder die arm.
Teetuin en Franse boere chic op sy beste!
Skakel Annamarie op 082 480 5248 vir verdere inligting.
Besoek die groep op facebook by www.facebook.com/kunsindietuin
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



