Local newsNews
Leeus afrigter kuier in Florida
Die Goue Leeus se hoofafrigter, Johan Ackerman het inwoners by hul gunstelling watergat in Florida gaan besoek.
Nick Ferreira, die eienaar van Muggs Inn in 2de Laan het gesê baie van die manne wat by sy kroeg kuier is entoesiasties oor rugby en is veral Leeus ondersteuners. Die kroegmure is bedek met rugby paraphernalia wat Leeus en Stormers-vlae, hemde en pette insluit. Op Donderdagaand 9 April is sy gereelde kliente bederf met die besoekie.
“Dit is altyd vir my lekker om uit te gaan in die gemeenskap,” het die reusagtige afrigter van Pretoria vir die Record gesê.
“Dit is belangrik dat die Lions ondersteuners weet ons waardeer hul ondersteuning en toewyding aan die span.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



