Gister omstreeks 12.40nm tydens patrollie het die patrolleerders twee verdagte mans in Hugenotestraat opgemerk. Een verdagte het probeer wegkruip in ‘n erf in Oranjestraat. Patrolleerders het die verdagte agterna gesit nadat hy laat spaander het maar hy is in Tafelbergstraat vasgetrek. Die polisie is ontbied wat ‘n ongelisensieerde vuurwapen aan hom gevind het. Die wapen is na bewering vyf jaar gelede tydens ‘n kaping in Soweto gesteel by die eienaar.
Vroeër die dag omstreeks 10vm is patroleerders per radio van ‘n huisbraak in Adam Tasstraat ingelig. Die verdagte het oor ‘n muur gespring om te probeer weg kom maar patrolleerders het hom vasgekeer in Prootstraat. Die verdagte is ook aan die polisie oorhandig. Die gesteelde goedere is terug gevind.



