NewsSchools

Pret met hidroliese krag by ‘Kruin

Leerlinge leer met 'n prettige manier van hidroliese krag.

Laerskool Helderkruin se graad sewe leerlinge het onlangs op ‘n praktiese en kreatiewe manier geleer hoe werk hidroliese krag.

“Dit was vet pret, maar tog het hulle baie geleer,” het die skool se woordvoerder Isobel Mitchley gesê.

Die leerlinge het nie net geleer hoe sterk hidroliese krag is nie, maar hulle moes saam werk in groepe. Koos Kruger, die Tegnologie onderwyser, het op ‘n stimulerende, verrassende manier die praatjie aangebied.

“Die leerlinge was baie trots op hulle werk en het die resep gevolg van eers doen jy navorsing, dan doen jy prakties en eers dan snap jy,” het Mitchley gesê.

Tydens die groepwerk het een seun opgemerk dat “meisies is nie goed met hul hande nie en hou nie van hulp nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Roodepoort Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button