LettersOpinion
Die fees was heerlik
Hiermee wil ek graag my dank betuig aan almal wat betrokke was by Laerskool Dr Havinga se japtrapfees 2015. Wat ‘n wonderlike geleentheid was dit hierdie keer weer. Elke jaar oortref julle die vorige jaar se feestelikhede. Die kinders neem met soveel oorgawe deel en ek kan eerlik waar sê hierdie jaar was weer eens …
Hiermee wil ek graag my dank betuig aan almal wat betrokke was by Laerskool Dr Havinga se japtrapfees 2015. Wat ‘n wonderlike geleentheid was dit hierdie keer weer.
Elke jaar oortref julle die vorige jaar se feestelikhede. Die kinders neem met soveel oorgawe deel en ek kan eerlik waar sê hierdie jaar was weer eens ‘n groot sukses.
Dankie aan al die personeel dat julle al die kinders hierby betrek, van klein tot groot. Julle het onlangs ‘n groot verlies gehad en tog het julle almal soveel van julleself gegee om hierdie dag ‘n hoogtepunt in my kinders se skooljaar te maak!



